1. Maak die sous Verhit die olie en braai die ui en die knoffel saam tot glansend. Voeg die res van die sous-bestanddele, behalwe die vars koljander, by sodra die ui begin verkleur. Bring die sous tot kookpunt, laat prut vir 2 minute en verwyder van die hitte. Roer die koljander by en laat effens afkoel. Maak die sous fyn met ’n staafmenger (besluit self hoeveel tekstuur dit moet hê) en proe of dit dalk nog ’n knippie sout of peper kort. Die resep maak sowat 600 ml, maar jy gebruik net die helfte vir die oondhoender. Bêre die res in ’n gesteriliseerde fles in die yskas en gebruik dit binne 2 weke.
2. Vir die hoender Voorverhit die oond. Maak met ’n skerp mes 3 of 4 diep insnydings deur die vel in elke hoenderporsie. Geur met sout en peper en braai in ’n pan tot oraloor goudbruin. Rangskik die porsies in ’n diep oondbak, velkant na bo.