Hoender parmesaan

akkreditasie
Foto: Elza Cooper
Foto: Elza Cooper
Bereidingstyd: 45 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 30 minute
Bestanddele
  • - olie vir vlakbraai
  • 1 - bossie vars kruie soos origanum, pietersielie en tiemie
  • 6 - takkies tiemie
  • 125ml - room
  • 6 - skyfies mozzarella
  • 3 - takkies vars origanum
  • 1 - ui, gekap
  • - vars basilie
  • - ’n goeie knippie droë rissies
  • - sowat 300g pasta
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • - sowat 200ml meel
  • 1 - 3 - knoffelhuisies (na smaak)
  • - MARINARASOUS
  • 15 ml - olyfolie
  • - ’n goeie knippie suiker
  • 3 - eiers
  • - sowat 250ml tuisgemaakte broodkrummels
  • 6 - hoenderborsfilette
  • - sowat 80ml basiliepesto
  • 3 - vars tamaties, gerasper oor die groot gate van ’n vierkantige rasper
  • 1 - blik heel tamaties
  • 180 ml - gerasperde parmesaan
  • - ’n goeie knippie paprika
Metode
“Ek is dol oor hoe dié eenvoudige kombinasie van geurige krummelhoender, pesto, pasta en marinarasous lyk – dis altyd ’n apploustrekker!” se^ Ramona.

1 Maak die sous Verhit die olyfolie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die ui tot glansend. Voeg die knoffel by en roerbraai nog ’n minuut. Voeg die tamaties, kruie, speserye en suiker by. Gebruik ’n aartappeldrukker om die heel tamaties te verpulp. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut liggies, onbedek, terwyl jy die hoender gereed kry. Hou ’n oog op die sous se dikte.

2 Maak ’n insnyding aan die onderkant van elke hoenderborsie om dit oop te vlek. Sit dit dan tussen twee lae kleefplastiek en kap met ’n vleishamer tot dit sowat 1 cm dik is.

3 Meng die broodkrummels, 120 ml van die parmesaan, knoffel en kruie in ’n voedsel- verwerker. Geur met paprika, sout en peper en meng goed. Keer uit in ’n vlak bak vir die doopslag. Klits die eiers saam met die oorblywende parmesaan in ’n vlak bak en geur met ’n knippie sout en peper; hou die meel in ’n derde bak.

4 Doop die voorbereide hoender in die meel, dan die eiers, en laastens in die gegeurde krummels. Laat dit vir 10 minute in die yskas rus sodat die krummels kans kry om goed te kleef voor jy dit braai.

5 Voorverhit intussen die oond en bring die pastawater tot kookpunt. Vlakbraai die hoender aan weerskante tot mooi bruin. Doen dit in sarsies indien nodig sodat jou pan nie oorvol is nie. Sit die gebraaide hoender op ’n bakplaat, voeg die mozzarella en tiemie by en bak vir sowat 8–10 minute of tot die kaas begin borrel. Kook die pasta tot al dente en meng met die pesto. Voeg die room by die marinarasous en geur na smaak met sout en peper. 

6 Om voor te sit Skep ’n lepel marinarasous op elke bord, gevolg deur ’n porsie pesto-pasta. Plaas ’n hoenderborsie bo-op en garneer met ’n paar vars basilieblare. 

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees