Hoender-saté

akkreditasie
Bereidingstyd:
Porsies:
Gaarmaaktyd:
Bestanddele
  • - olie
  • 500 g - hoender, in repies gesny
  • 1 - knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 - rooi brandrissie, fyngekap
  • 500 g - groente: wortel, peulertjies, babamielies en broccoliblomme
  • 60 ml - vars koljander, gekap
  • 1 - lemmetjie, in kwarte gesny
  • 45 ml - grondboontjiebotter
  • 4 - tamaties, in blokkies gesny
  • 45 ml - sojasous
  • 15 ml - vissous
  • 5 ml - bruinsuiker
  • - ekstra grondboontjies as garnering
Metode
Die lekker van roerbraai is dat jy maklik die proteïen kan uitruil en die groente kan meng en pas na gelang van beskikbaarheid en persoonlike smaak.

Voorverhit jou wok. Meng 15 ml olie deur die hoender en braai dit oor hoë hitte tot goudbruin maar steeds sappig. Skep uit, giet nog ’n skeut olie in die wok en braai die knoffel en brandrissie vir ’n paar sekondes. Voeg die groente by en roerbraai tot geurig. Die groente moet nog bros wees, nie pap nie. Voeg die koljander by en geur met die lemmetjiesap, en skep die groente dan by die hoender.

Gooi nou die res van die bestanddele in die pan en roer tot ’n sous vorm. Meng die sous deur die hoendermengsel of sit dit apart voor. Geniet met gestoomde rys of noedels. 

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees