Hoenderburgers met sout karamelsous

akkreditasie
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bestanddele
  • 500 ml - panko-broodkrummels
  • 180 ml - mielieblom
  • 2 ml - rooipeper
  • 2 - takkies tiemie
  • 4 - groot hoenderbors lette, oopgevlek
  • 2 - eiers, geklits
  • - olie vir braai
  • 4 - sesamsaad-broodrolletjies
  • - mayonnaise en slaai van jou keuse
  • - KARAMELSOUS
  • 125 ml - strooisuiker
  • 125 ml - kookwater
  • 1 - steranys
  • 30 ml - suurlemoensap
  • 30 ml - vissous
  • - ’n klont botter
  • 3 - sprietuie, gekap
  • 1 - rooi brandrissie, gekap
  • 15 ml - appelasyn
Metode
As die lus vir krakerige hoender jou oorrompel, probeer dié.

1. Meng die panko-broodkrummels en mielieblom met die rooipeper en tiemie en pols in ’n voedselverwerker tot fyn.

2. Geur die hoender met sout en peper en rol dan eers in die krummelmengsel, dan in die eier en dan weer in die krummels. Sit in die yskas vir sowat 20 minute om te verseker die bros lagie sit goed vas. 

3. Maak intussen die sous Roer die suiker en water saam oor lae hitte tot al die suiker opgelos is. Voeg die steranys by en verhit, sonder om te roer, tot die suiker ’n diep karamelkleur kry. Verwyder dadelik van die hitte – onthou die pot bly warm en die karamel sal al donkerder word. Voeg nou die res van die sousbestanddele by en roer tot opgelos. Proe versigtig en geur na smaak met sojasous of sout tot die soet-soutbalans net reg is.

4. Vlakbraai die hoender in sowat 1 cm olie tot goudbruin en bros. Bedruip mildelik met die karamelsous en sit voor op broodrolletjies met mayonnaise en slaai. Ons het bros blare, wortellinte, seldery, piekelgemmer, granaatpitte, dungesnyde appel en koljanderblaartjies gebruik. 

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees