Hoenderlewerpatee met spek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
My vriendin Lené Meadon se wenresep is ryk en heerlik soos dit die Franse kookkuns betaam.

Maak sowat 600ml patee

Bereidingstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: sowat 10 minute

  • 15 ml elk botter en olyfolie
  • 200g  spek, in blokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g hoenderlewers, skoongemaak
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30ml Old Brown-sjerrie
  • 125ml room
  • 125ml botter
  • takkies vars kruie (origanum, tiemie, roosmaryn of ’n lourierblaar of twee...)

1. Smelt die botter en olie saam en braai die spek daarin tot mooi goudbruin en bros. Roer die ui en knoffel by en braai rustig totdat die ui net deurskynend is.

2. Skuif die spekmengsel na die kant van die pan en braai die lewer in die uitgebraaide vet tot oraloor bruin. Moenie te veel roer nie; laat die lewertjies eers kleur kry aan die een kant voor jy dit versigtig omdraai om die ander kant ook te braai.

3. Geur goed met sout en peper en voeg die sjerrie by, gevolg deur die room. Laat prut ’n paar minute tot die lewer net-net gaar is en die room effens ingedamp het. Verwyder van die hitte en laat afkoel.

4. Maak die mengsel fyn met ’n staafmenger of voedselverwerker en skep in ’n mooi diep bak. Smelt die botter – skep enige skuim af sodat net die heldergeel botter agterbly – en giet dit in ’n mooi lagie oor die lewer. Garneer met kruie, bedek en sit in die yskas tot nodig. Heerlik as deel van ’n feestelike peuselbord met brood en soutbeskuitjies.

Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees