Hoenderslaai met koljander, grondbone en ’n jogurtsous

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30–40 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 30 minute
Bestanddele
  • 50 ml - water
  • 50 ml - Thaise vissous
  • 5 ml - fyn komyn
  • 250 ml - geroosterde grondbone, gekap
  • 5 ml - fyn koljander
  • 2 - hande vol vars koljanderblare
  • 1 - bossie sprietuie, gekap
  • 1 - duim vars gemmer, gerasper
  • 6 - knoffelhuisies, fyngekap
  • 300 ml - Griekse jogurt
  • 6 - 7 - hoenderstukke (’n verskeidenheid van boudjies, dytjies en borsies)
  • 2 - rooi brandrissies, gekap
  • 2 - knoffelhuisies, fyngekap
  • 100 ml - olyfolie
  • 1 - hand vol vars mentblare
Metode
’n Hele gereg op sy eie, maar ook die ideale piekniekbroodjievulsel.

Oondtemperatuur: 200 °C

1. Voorverhit die oond. Verwyder die vel van die hoender en plaas die hoenderstukke in ’n mengbak. Verwerk die brandrissies, knoffel, gemmer, koljander, komyn, olie, vissous en water tot ’n gladde pasta. Smeer die pasta oor die hoenderstukke en oondrooster dit vir sowat 30 minute of tot gaar. Laat die hoender afkoel.

2. Sit die helfte van die koljanderblare, die ment, sprietuie en knoffel in ’n voedselverwerker en kap dit rofweg. Voeg die jogurt by en meng deeglik. Geur met sout en sit dit in die yskas.

3. Sny die hoender in growwe stukke en meng die helfte van die pansappe in die oondroosterpan daardeur. Voeg die oorblywende koljander en die grondbone by en meng. Laat staan tot afgekoel.

4. Om voor te sit Meng die jogurtmengsel deur die hoender en sit dit voor saam met ’n Franse brood of as toebroodjievulsel.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees