Meng die asyn, suiker, speserye en sout saam in ’n kastrolletjie en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en voeg die rissies by. Kook vir ’n minuut. Skep die rissies uit met ’n gaatjieslepel in gesteriliseerde flessies en vul met die kokende piekelsous. Verseël warm en laat afkoel. Hou in die yskas en gebruik soos nodig.
Wenk Jy kan hierdie piekel maak met enige brandrissie of ’n kombinasie van brandrissies. Kies jalapeño’s as jy nie hou van brandkos nie, want hulle is meestal matiger as byvoorbeeld habanero- of Bird’s Eye-rissies. Onthou, hoe kleiner, hoe sterker