1. Voorverhit die oond. Meng die roomkaas met die cheddar en hou eenkant.
2. Sny die rissies se stingelente en punte af en sny dan elkeen aan die een kant oop. Verwyder al die pitte en membrane. Skep nou in elke rissie ’n opgehoopte lepel roomkaasmengsel; versprei dit effens, sit ’n worsie ook in en druk mooi vas. (Moet jou nie bekommer as ’n rissie nie reg rondom die worsie gaan nie.)