1. Sny die rissies in dun ringetjies en gooi die stingelente weg. Besluit self hoeveel pitte jy in jou mengsel wil los, maar onthou, dit bepaal hoe sterk die eindproduk gaan wees.
2. Roer die res van die bestanddele saam oor lae hitte totdat al die suiker opgelos is. Dit gaan vinniger as jy strooisuiker gebruik. Bring dan die stroop tot kookpunt, voeg die gekapte rissies by en laat prut saam vir sowat 5 minute.