book-icon Uitgawe September 2018

Kaas-en-kruiehappies

akkreditasie
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 42 balletjies
Gaarmaaktyd: geen
Bestanddele
  • 5 ml - goeie olyfolie
  • 250 g - (1 houertjie) mediumvet-roomkaas
  • - gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • - ’n bossie grasuie, gekap
  • 4 - wiele feta, gekrummel
  • - vars kruie of eetbare blomblare
Metode
Dis ’n heerlike voorgereg saam met brood as deel van ’n kaasbord; of gebruik dit om ’n groenslaai op te kikker of as die perfekte garnering vir deftige gebakte aartappeltjies.

Die idee vir dié kleurvolle kaashappies kom uit Ann Christodoulou se pragtige boek What’s for Lunch? 

Meng al die bestanddele, behalwe die kruie of eetbare blomblaartjies – gebruik sommer ’n vurk. Rol in piepklein happies, almal mooi ewe groot. Rol elkeen laastens in die gekapte kruie of eetbare blomblaartjies vir die mooi.

Wenk Speel gerus met die kruie­ kombinasies: Ment is lekker saam met ’n ertjieslaai, basilie is ’n goeie pasmaat vir ’n tamatieslaai, terwyl ’n klein knippie origanum en pietersielie die kaasballetjies ’n Italiaanse kinkel gee. 

Feta gee dit ’n heerlike sout smaak, maar bloukaas en tiemie of ricottakaas en basilie is net so lekker. 

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees