Kaasomelet met avokado, spek en tamatiesalsa

akkreditasie
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 2
Gaarmaaktyd: 15–25 minute
Bestanddele
  • 15 ml - vars lemmetjie- of suurlemoensap
  • 1 - rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 6 - repe swoerdlose spek, gebraai en fyngekap
  • 45 ml - vars koljanderblare, gekap
  • ½ - rooi ui, fyngekap
  • - sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml - water
  • 4 - ekstragroot eiers
  • 125 ml - beleë cheddarkaas, gerasper
  • 15 ml - ongesoute botter
  • 3 - rooiryp tamaties, ontpit en in klein blokkies gesny (sowat 250 ml)
  • 1 - ryp avokado, geskil, ontpit en in blokkies gesny
Metode
Klits, klits is aandete berei in 'n kits.

1. Maak die salsa: Meng die tamatieblokkies, gekapte ui, rooi brandrissie, koljanderblare, lemmetjie- of suurlemoensap en geurmiddels na smaak.

2. Klits die eiers en water in ’n mengbak en geur dit na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.

3. Verhit die helfte van die botter in ’n kleefvrye braaipan. Gooi die helfte van die geklitste eiermengsel in die braaipan sodat dit die bodem eweredig bedek. Stoot en skraap die eier oor matige hitte en laat dit dan staan totdat die omelet amper gestol het en goudbruin aan die onderkant is. Strooi die helfte van die fyngekapte spek oor die een helfte van die omelet, gevolg deur die helfte van die avokadoblokkies en die helfte van die kaas. Vou die omelet toe oor die vulsel en laat dit versigtig uit die braaipan in ’n warm bord gly.

4. Herhaal die proses met die orige bestanddele en sit dan die omelette dadelik voor saam met die tamatiesalsa. 

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees