1 Kook die aartappels in soutwater tot gaar, dreineer en maak goed fyn. Geur met sout en peper en laat effens afkoel. Meng dan die gevlokte vis, speserye, koljander en sprietuie deur, vorm die mengsel in 12 ewe groot viskoekies en sit in die yskas vir 1 uur (dit is dan makliker om die koekies te hanteer en met die krummels te bedek).
2 Rol die viskoekies eers in die meel; skud enige oortollige meel af en doop hulle dan in die eierwit en laaste in die broodkrummels.
3 Braai die koekies in olyfolie en botter tot goudbruin alkante en lekker bros. Sit warm voor met suurlemoenwiggies en mayonnaise.