Kitsmuffins met ’n kinkel

akkreditasie
Kitsmuffinmengsel is nie duur nie, en jy kan dit opdollie sodat dit ’n heerlike kosblik-lekkerny is.

Resep Ilse van der Merwe

Genoeg vir: 12 muffins

Bestanddele

  • 1 pakkie kits-semelmuffins (asook die res van die bestanddele in die resep op die pakkie, soos eiers, olie en melk)
  • 250 ml gerasperde wortel
  • 1 piesang, fyngemaak
  • 5 ml fyn kaneel

Vir die versiersel:

  • 1 houer (230–250 g) ongegeurde roomkaas, teen kamertemperatuur
  • 30 ml sagte botter
  • 125 ml versiersuiker
  • gekapte neute van jou keuse (opsioneel)

So maak jy 

1. Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 12-holte-muffinpan uit met kolwyntjiepapier.

2. Maak die muffins volgens die aanwysings. Roer nou die wortel, piesang en kaneel by, en skep in die voorbereide muffinpan.

3. Bak vir 25 minute (of tot gaar) en laat in die pan afkoel.

4. Vir die versiersel: Klits die roomkaas, botter en versiersuiker saam. Sprinkel die gekapte neute oor.

Wenk: Hierdie klam muffins hou goed op die rak vir ’n dag of twee, maar as jy dit langer wil hou, bêre liefs in die yskas of vrieskas in ’n sakkie. Appelmuffins en grondboontjiebotter-smoothi

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees