
- 125 g - botter
- 50 g - (125 ml) kakao
- 125 ml - fyn appelkooskonfyt
- 30 ml - vars room (opsioneel)
- 175 g - (310 ml) bruismeel
- 5 ml - vanieljegeursel
- - VERSIERSEL
- 105 g - (125 ml) strooisuiker
- 60 g - botter
- 250 ml - karringmelk
- 125 g - donkersjokolade, gekap
- 2 - ekstragroot eiers
- 3 ml - koeksoda
Baktyd: 35–40 minute vir die koek; 20 minute vir vorm-koekies
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n ronde 22 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Klits die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die geursel by, en dan die eiers een vir een; klop tot lig en romerig. Voeg die konfyt by en meng tot glad.
2. Sif die meel, koeksoda en kakao saam en voeg dit om die beurt met die karringmelk by die bottermengsel; meng tot glad. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak 35–40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel in die pan en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
3. Om te versier, meng die sjokolade, botter en room in ’n klein kastrol en roer oor lae hitte tot glad. Giet warm oor die koek soos ’n sous of laat afkoel en effens verdik tot ’n smeerbare tekstuur.