Klam sjokoladekoek

akkreditasie
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 20 cm-koek
Gaarmaaktyd: 45–50 minute
Bestanddele
  • 250 g - melksjokolade, in blokkies gebreek
  • 30 ml - melk
  • 175 g - sagte botter
  • 200 g - bruinsuiker
  • 175 g - gemaalde amandels
  • 30 ml - kakao
  • 40 g - koekmeel
  • 5 - eiers, geskei
Metode
Geniet die bederf saam met middagkoffie.

1. Smeer ’n ronde losboomkoekpan (20 cm). Smelt die sjokolade en melk saam in ’n glasbak in die mikrogolfoond of in ’n kastrolletjie oor lae hitte.

2. Voeg die botter, suiker, amandels, kakao en koekmeel by en klits tot gemeng.

3. Voeg die eiergele een-een by en klits ná elke byvoeging.

4. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou eers ’n kwart met ’n groot metaallepel in die beslag. Vou nou die res liggies in. Skep in die gesmeerde koekpan en bak vir sowat 30-35 minute of tot ferm. Keer uit en sit voor. Sif kakao oor die koek of versier met ’n sjokoladeganache.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees