Klapper-plaatkoekies met spek

Genoeg vir: 4

PLAATKOEKIES

  • 4 eiers
  • 15ml vanielje-ekstrak (opsioneel)
  • 15ml water
  • 1,25ml Himalaja-sout
  • 1,25ml koeksoda
  • 35g klappermeel
  • 15ml botter

VIR VOORSIT

  • 150g spek, brosgebraai
  • 4 tamaties, in skyfies gesny

Klop die eiers, vanielje, water, sout en koeksoda saam in ’n bak met ’n elektriese klitser.

Voeg die klappermeel by en hou aan klits totdat die mengsel glad is.

Verhit die botter oor matige hitte in ’n pan. Skep eetlepels vol beslag in die pan. Braai die plaatkoekies vir 1–2 minute tot die beslag effens ferm is; draai dit om en braai vir nog 1–2 minute.

4 Sit voor Top die plaatkoekies met spek en tamatie. Drup gerus die uitgebraaide vet van die spek oor.

coconut-flapjacks-300x400

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees