1. Pak die ribbetjies in ’n enkellaag in ’n nie-reaktiewe bak (glas, keramiek of emalje). Meng al die marinadebestanddele en meng dit deur die vleis. Bedek en laat marineer oornag (of tot 2 dae; draai dit net so af en toe om sodat jy seker is dit bly oraloor in kontak met die sous).
2. Laat die vleis kamertemperatuur bereik en voorverhit die oond. Rangskik nou die ribbetjies op ’n bakplaat wat met bakpapier of foelie uitgevoer is (dit help met die opwas later) en bak, bedek, vir 45 minute.
3. Draai die ribbetjies om, verhoog die oondtemperatuur na 200 °C en bak verder oop vir nog sowat 30 minute tot heerlik gekaramelliseer en bros; draai gereeld om. Jy kan jou roosterelement vir ’n laaste paar minute inspan as jy dink dis nodig om die bros buitelagie te verseker. Strooi die sesamsaad oor en sit dadelik voor – met genoeg servette!