
- - gekapte sprietuie en brandrissie
- 100 ml - kookwater
- 800 g - beenlose varklies, vel verwyder
- - sowat 15ml olie
- 100 ml - suiker
- 45 ml - Char Siu-braaisous
- 15 ml - Chinese 5-speserymengsel
Oondtemperatuur: 180°C
1. Voorverhit die oond. Vryf die vleis goed in met die speserye. Sit dit in ’n oondpan en maak dig toe met foelie. Rooster vir sowat 1 ½ uur. Sit die oond af en laat die vleis in die oond afkoel tot hanteerbaar. Sny die vleis met ’n skerp mes in happiegroot blokkies.
2. Verhit die olie in ’n pan (onthou, die vark is ook vetterig) en braai die happies tot bros oraloor. Skep uit en giet die suiker en water in die pan. Roer tot al die suiker opgelos is en bring dan tot kookpunt. Kook tot die suiker gekaramelliseer is en die kleur van heuning het.
3. Voeg die Char Siu-sous by die karamel, skep die bros happies vark daarin – versigtig, dit kan spat – en roerbraai tot die blokkies oraloor stroperig en blink is. Strooi gekapte sprietuie en brandrissie oor en sit voor met klewerige rys en oornag-koolslaai.
Oornag-koolslaai
Kerf 1 mediumgroot kopkool (jy het sowat 500 ml nodig), sny 1 wit ui en 5 radyse in dun skyfies en meng goed met 125 ml suiker in ’n vlak bak. Bring 180 ml ryswynasyn, 45ml sesamolie, 5ml mosterdpoeier en 3 ml anys saam tot kookpunt en giet dit warm oor die kool. Seël die bak met kleefplastiek en sit dit in die yskas vir minstens 3 uur of oornag. Dreineer die sous en geur na smaak met sout en gekapte vars koljander.