Koesister-oliebolle

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ed O'Riley

Maak 16-18 oliebolle

Voorbereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Rystyd: 2½ uur  

  • 4 x 250 ml (4 k) koekmeel 
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 2,5 ml (½ t) gemengde speserye
  • 5 ml (1 t) sout
  • fyngerasperde skil van 1-2 lemoene
  • 1 x 10 g-pakkie kitsgis
  • 60-125 ml (¼ tot ½ k) suiker
  • 250 ml (1 k) melk
  • 2 eiers
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • water, soos nodig
  • olie, vir diepbraai
  • 125 ml (½ k) fyn klapper en 60 ml (¼ k) strooisuiker, vir rol   

1. Meng die meel, kaneel, gemengde speserye, sout, lemoenskil, kitsgis en suiker in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel.

2. Klits die melk, eiers en vanieljegeursel saam en giet dit in die holte van die meelmengsel. Meng met ’n vurk en voeg bietjies-bietjies water by totdat ’n klewerige deeg vorm.

3. Smeer jou werkoppervlak met ’n bietjie olie. Keer die deeg daarop uit en knie tot glad en elasties – voeg nog meel by indien die deeg te klewerig is.

4. Rol die deeg in ’n bal en sit dit in ’n skoon bak. Bedek en laat rys op ’n warm plek vir 2 uur of tot verdubbel in grootte.

5. Knie die deeg liggies af, verdeel in 2 gelyke dele en rol elkeen in ’n wors. Sny in 5 cm-stukke en pak op ’n gesmeerde oppervlak. Bedek met ’n teedoek en laat staan vir 30 minute om weer te rys.

6. Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepbraai. Braai die deegbolle in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.

7. Rol die warm oliebolle in klapper en stooisuiker. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees