Komberseiers

akkreditasie
Bereidingstyd: 40 minute
Porsies: 6 eiers
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 2 - eiers, geklits
  • 3 ml - rissiepoeier
  • - blatjang vir voorsit
  • 650 g - Grabouw-boerewors
  • 200 ml - droë broodkrummels
  • 100 ml - meel
  • - olie vir diepbraai
  • - vars tiemie
  • 6 - werfhoender-eiers, saggekook en afgedop
Metode
Gebruik boerewors vir ’n Suid-Afrikaanse kinkel.

Haal die boerewors se derm versigtig af en sit die vleis in ’n bakkie; maak dit met ’n vurk los en geur dit met die rissiepoeier en tiemie. Verdeel die vleis in 6 gelyke porsies. Neem een porsie op ’n slag en maak dit plat in die palm van jou hand. Plaas ’n eier daarop en vorm die maalvleis rondom die eier; herhaal met al 6 eiers. Rol dit in die meel, eier en dan die krummels. Sit dit vir sowat 20 minute in die yskas tot ferm. Diepbraai dit dan tot goudbruin en gaar. As jy bang is dit is nie deurgaar nie, bak dit vir nog ’n paar minute in ’n voorverhitte oond. Dis perfek om in te pak vir die langpad. En onthou die blatjang!

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees