
- 80 ml - pampoensaad
- 1 blik - artisjokharte, in kwarte gesny
- 1 - klein rooi ui, dungesny
- 15 ml - rooiwynasyn
- 4 - groot tamaties, in 1 cm dik skywe gesny
- 4 - groot porsies hoender
- 1 blik - gemengde boontjies, gespoel en gedreineer
- ’n hand vol - platblaarpietersielie
- 30 ml - elk appelkooskonfyt en blatjang
- 30 ml - olyfolie
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer die hoender met die konfyt en blatjang en geur rojaal met sout en peper. Sit dit in ’n baksakkie met ’n skeut water; knoop toe, prik die sak oraloor en bak vir sowat 45 minute tot goudbruin en gaar.
2. Verhit die olie in ’n klein pan en braai die pampoensaad tot dit begin pof. Geur met seesout.
3. Rangskik die tamatieskywe op ’n mooi bord en pak die rooi ui, artisjokke en boontjies bo-op. Sprinkel met sout en peper na smaak, gevolg deur die asyn. Rond af met die pampoensaad en pietersielie. Sit voor saam met die hoender. Vegetariese variasie Gebruik koeskoes en romerige fetakaas pleks van hoender.