Beet-en-fetatert

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 25 minute
Bestanddele
  • 1 - rol blaardeeg, ontvries
  • 15 ml - roketpesto
  • ½ - rooi ui, geskil en in dun ringe gesny
  • - sowat 300g romerige fetakaas
  • 12 - kersietamaties, gehalveer
  • - ’n hand vol wilderoketblare
  • 300 g - gaar beet, kleiner gesny
  • 125 ml - gemengde neute, gekap
Metode
Hou aandete eenvoudig, maar geurig!

1 Voorverhit die oond (200°C). Rol die blaardeeg oop en sny in die breedte in vier stroke. Maak ook 1 cm van die rand af ’n insnyding reg rondom elke strook sonder om deur die deeg te sny – dit sal ’n netjiese, opgepofte rand rondom die vulsel vorm wanneer dit bak. Smeer nou die pesto oor die binneste deel van elke strook (nie oor die 1 cm-rand nie). Sny die feta in dun skywe, breek dan in kleiner stukkies en rangskik dit bo-op die pesto. Bak nou in die oond vir sowat 25 minute of tot goudbruin, gaar en uitgerys. Jy kan die rande met eier verf vir ’n mooi bruin kleur.

2 Rangskik die beet, ui, roket, neute en tamaties bo-op die warm tertjies en lê dadelik weg. Die deeg is ryk, maar jy kan ’n paar druppels olyfolie oor die beet en blare sprinkel as jy wil.

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees