1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Verwyder die boerewors se derm versigtig en rol die vleis in klein frikkadelletjies. Braai die frikkadelletjies bruin in ’n pan – probeer om die wors se eie vet te gebruik.
2 Voer ’n 24 x 34 cm-bakplaat uit met bakpapier. Meng die meel, kruie, sout en peper. Voeg die eiers, melk en olyfolie by en klits tot glad. Giet in die voorbereide plaat en smeer gelyk. Bak die kors vir sowat 15 minute of tot ligbruin.
3 Smeer nou die pizzasous oor die gebakte basis, strooi die kaas oor en rangskik die worsfrikkadelletjies eweredig bo-op. Bak verder vir nog 15 minute of tot die kaas heerlik gesmelt en goudbruin is. Sny in groot blokke en smul warm.