Bolognaise-patat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bestanddele
  • 4 - repe spek, gekap
  • 15 ml - olie
  • 250 g - sampioene, gekap
  • 500 g - maalvleis
  • 1 - blik (410 g) gekapte tamaties
  • 30 ml - basiliepesto
  • 4 - middelslag-patats, gehalveer en gaar gekook
  • sowat 125 ml - fyngerasperde parmesaankaas
Metode
Dek ’n tafel op die stoep en geniet dié vinnige ete in styl!

1. Braai die spek bros in die olie. Voeg die sampioene by en braai tot bruin. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin (breek die vleis deurgaans met ’n spaan op). Geur mildelik met sout en peper. Roer die tamaties by en kook vir 5 minute. Roer die pesto by.

2. Rangskik die patathelftes in ’n oondbak en skep ’n lepel van die vlees uit elkeen (meng dit met die bolognaise of skep dit onderin die oondbak). Vul die patats nou met die bolognaisemengsel en strooi die kaas oor. Bak in ’n voorverhitte oond teen 200 °C tot die kaas gesmelt en die vulsel deurwarm is. 

Jongste uitgawe

Julie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees