Botterskorsiekerrie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hou aandete eenvoudig, maar geurig!

Genoeg vir 4

Bereidingstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

Oondtemperatuur: 200 °C

  • 1 mediumgroot botterskorsie, geskil, ontpit en in repe gesny
  • 10 ml matige kerriepasta
  • 1 blik kekerertjies, gespoel
  • 250 ml room
  • 125 ml groenteaftreksel
  • 60 ml vars koljander, gekap
  • tamatieslaai vir voorsit
  • knoffel-naan- of -platbrood

1. Voorverhit die oond. Meng die botterskorsie, kerriepasta, kekerertjies en room en versprei dit in ’n oondbak. Voeg die aftreksel by en geur met sout en peper. Sit die deksel op en bak vir 30 minute.

2. Haal die deksel af en bak vir nog 15 minute tot die botterskorsie sag is en ’n mooi kleur het. Strooi die vars kruie oor en sit voor met die slaai en brood.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees