
- 2 - hande vol bros slaai- en kruieblare
- 125 ml - komkommerskyfies
- 200 g - kersietamaties, gehalveer
- 200 g - wortel- en beetlinte
- 100 g - groen olywe, ontpit
- 200 g - gerookte- forelrepies
- - SLAAISOUS
- 1 - ryp avokado, ontpit en geskil
- - ’n groot hand vol vars koljander
- 10 - grasuie, gekap
- 1 - klein knoffelhuisie, fyngekap
- 30 ml - suurlemoensap en gerasperde skil
- 30 ml - witwynasyn
- 60 ml - olyfolie
- 3 druppels - jalapeño-Tabasco
- 80 ml - water
1. Maak die slaaisous Skep al die sousbestanddele behalwe die water in ’n beker en verwerk met ’n staafmenger tot glad. Geur na smaak met sout en peper en verdun met die water tot dit loperig genoeg is na jou smaak, maar nie waterig nie.
2. Maak ’n formidabele slaai deur die blare, groente, olywe en forel te rangskik of te meng soos jy daarvan hou, en drup die groen slaaisous mildelik oor. Sit voor met die ekstra sous in ’n bakkie en geniet met vars brood daarby.