Frikkadelle met spek

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 30 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bestanddele
  • 600 g - gemengde bees- en volstruismaalvleis (of gebruik net beesmaalvleis)
  • 200 ml - vars broodkrummels
  • 5 ml - elk fyn koljander en komyn
  • 1 - rooi brandrissie, fyngekap
  • 12 - repe spek
  • 15 ml - olyfolie
  • 200 g - tamaties, gesny
  • - mikro- of gewone basilieblare vir voorsit
Metode
Die frikkadelle is heerlik met rys, kapokaartappels of lekker bros brood.

1 Voorverhit die oond tot 180°C. Geur die maalvleis rojaal met sout en peper en meng die broodkrummels en speserye deur. Rol met klam hande in 12 ewe groot frikkadelle. Draai ’n reep spek om elkeen.

2 Verhit die olie in ’n oondvaste pan en braai die frikkadelle tot hulle begin kleur kry. Voeg die tamaties by en bak in die oond vir sowat 30 minute of tot gaar en sappig. Strooi die basilie oor en sit voor.

Jongste uitgawe

Mei | Junie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees