1. Voorverhit die oond se roosterelement. Rangskik die tamaties, rooi ui, feta en kekerertjies op ’n bakplaat en drup die olyfolie en balsemiekasyn oor; geur mildelik met sout en varsgemaalde swartpeper. Rooster vir sowat 10 minute of tot die tamaties oraloor begin swart puntjies maak. Stel die oond se hitte op 220 °C en bak nog 10 minute.
2. Haal die sondroë tamaties uit hul olie (hou die olie vir garnering) en sit dit saam met die panmengsel in ’n voedselverwerker; pols tot glad. Skep in ’n kastrol en verdun met die aftreksel tot die sop net reg is. Dit is nie ’n baie dik sop nie, maar jy wil dit beslis nie waterig maak nie. Bring tot kookpunt. Sit dit stomend warm voor met ’n strooisel vars kruie en vars brood.