Gevulde varksteak

Francois Oberholster
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 45 minute
Bestanddele
  • 4 - varksteaks (3 cm dik)
  • - skil van 1 suurlemoen
  • sowat 400 g - babaspinasieblare, geblansjeer en verfris in koue water
  • 4 - Laughing Cow-roomkaaswiggies
  • 15 ml - olyfolie
  • 3 - preie, gekap
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • 2 - blikke botterbone, afgespoel en gedreineer
  • 200 g - kersietamaties
Metode

Oondtemperatuur: 200 °C

1 Sny ’n gleuf in elke steak en geur dit oraloor met sout, swartpeper en gerasperde suurlemoenskil. Deel die spinasie in vier en draai elke kaaswiggie met die blare toe om ’n pakkie te vorm. Druk een pakkie in elke gleuf en maak dit met ’n peuselstokkie toe.

2 Verhit ’n braaipan. Voeg die olie by en braai die steaks vetkant eerste en dan alkante tot goudbruin. Skep dit uit en braai die preie en knoffel in dieselfde pan tot glansend. Meng dit deur die boontjies en skep in ’n oondbak. Rangskik die steaks en tamaties bo-op en bak dit in ’n voorverhitte oond teen 200 °C vir sowat 20 minute of tot gaar.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees