1 Smelt die botter in ’n klein kastrol en roer die meel by. Braai ’n minuut lank tot skuimerig. Klits die melk geleidelik by om te keer dat daar klonte vorm; kook ’n paar minute tot die sous nie meer na meel smaak nie. Geur mildelik met sout en peper en roer die mosterd en kaas by. Laat effens afkoel.
2 Plaas die tortillas op ’n skoon oppervlak. Verbeel jou elkeen is ’n horlosie en maak by 3-uur ’n insnyding tot in die middel. Rangskik nou van die hoender op die eerste kwart ná die snit, ham op die tweede kwart, spinasie op die derde kwart en sous op die laaste een. Vou die kwarte dan van die insnyding af een vir een oor mekaar sodat dit ’n dik pakkie vorm.
3 Verhit ’n bietjie olie in ’n dikboompan en braai die pakkies tot alkante goudbruin en bros. Jy kan ook jou toebroodjiepers inspan as jy een het. Smul terwyl dit warm is.