Onder R105
1. Geur die hoender goed met sout en peper. Verhit die olie in ’n dikboompan en braai die happies tot mooi goudbruin oraloor. Gee die hoender kans dat dit bruin braai voor jy begin roer.
2. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissie by en meng deur. Voeg dan die kool en wortels by en braai nog sowat 5 minute of tot die groente gaar en glansend is. Voeg ’n skeutjie kookwater by as die groente te stadig na jou sin verwelk; sorg net dat die pan weer droog kook.