Hoender-en-murgpampoentjie-gebak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Geurig en maklik, in ’n japtrap!

Genoeg vir 4

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute 

Oondtemperatuur: 180 °C

  • 4 hoenderboudjies
  • 4 hoenderdytjies
  • 5 ml borrie 
  • sap en skil van 1 lemmetjie of klein suurlemoen
  • 5 ml elk gekapte knoffel en gemmer
  • 30 ml olyfolie
  • 1 groot ui, in wiggies gesny
  • 125 ml hoenderaftreksel
  • 4 groot murgpampoentjies 
  • ’n strooisel vars basilie
  • bruinrys vir voorsit

1. Voorverhit die oond. Neem ’n skerp mes en maak twee diep insnydings in elke stuk hoender. Meng die borrie, lemmetjiesap en -skil, knoffel, gemmer en olyfolie deur die hoender en sprei dit in ’n enkellaag uit in ’n oondbak saam met die ui. Voeg die aftreksel by en bedek met foelie of ’n deksel. Bak vir 30 minute.

2. Halveer die murgpampoentjies in die lengte en voeg dit by die hoender. Geur alles met sout en peper en bak oop vir nog 15 minute of tot die hoender en murgpampoentjies gaar is en ’n mooi kleur het. Strooi die basilie oor en sit voor met bruinrys.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees