Deel

Hoenderbredie met tamatie

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 35 minute
Bestanddele
  • 8 - hoenderstukke (dye en boudjies)
  • 5 ml - hoenderspeserye
  • 30 ml - olyfolie
  • 1 - ui, gekap
  • 250 g - sampioene, gesny
  • 125 ml - witwyn
  • 8 - ingelegde pikantrissies, gesny
  • 1 - blik tamatie met knoffel en kruie
  • 100 g - olywe, ontpit
Metode
Geniet die smaak én gerief van tamaties uit ’n bottel of ’n blik.

1 Geur die hoender goed met die speserye, sout en peper na smaak. Verhit die olie in ’n pan en braai die stukke tot goudkleurig oraloor. Skep die ui en sampioene by en braai nog ’n paar minute tot die groente ook kleur gekry het.

2 Roer die wyn by en kook vir ’n paar minute. Roer nou die pikantrissies, tamatie en olywe by en laat prut vir 25 minute of tot gaar en geurig. Sit voor met kapokaartappels, brood, rys of pasta.

Wenk
Voeg gerus ook vars origanum of tiemie by terwyl die sous prut.


Jongste uitgawe

April 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees