1 Sny die hoender in happiegroot blokkies. Meng die sojasous, sriracha en olyfolie deur die vleis en geur met sout en peper.
2 Ryg die hoender, uie en suurlemoenblare op kort sosatiestokkies. Lugbraai vir 10 minute in ’n enkellaag by 200 °C; draai om en braai nog 8 minute. Laat die vleis dan 5 minute lank rus.
Wenk Hoenderdytjies is heerlik sappig, maar jy kan ook hoenderborsvleis gebruik. As die tyd knyp, los die stokkies en braai die hoender, ui en suurlemoenblare direk in die mandjie.