*kaas soos parmesaan, pecorino of gruyère
1 Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die pasta tot al dente. Terwyl die pasta kook, smelt die roomkaas met ’n skeut kookwater (sommer uit die pastapot) in ’n pan en roer die spinasie by. Braai tot die spinasieblare begin verwelk.
2 Geur die spinasie met rooipeper en suurlemoenskil en roer die res van die kaas by. Verwyder van die hitte en skep die gaar pasta in die sous. Geur liggies met sout (die kase gaan bepaal hoeveel jy nodig het). Meng goed deur en sit dadelik voor met die basilie en varsgerasperde swartpeper.