book-icon Uitgawe Julie 2018

Kerrieburgers

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
  • 500 g - maer maalvleis
  • 15 ml - matige kerriepoeier
  • 2 cm - elk vars gemmer en borrie, geskil en gerasper
  • 5 - sprietuie, gekap
  • - sowat 30ml vars mentblare, gekap
  • 125 ml - broodkrummels (verkieslik panko)
  • 1 - klein groen appel, geskil en grofgerasper
  • - olyfolie vir vlakbraai
  • 4 - knoffelbroodrolletjies
  • - gebraaide uie
  • - Griekse jogurt en blaarslaai
Metode
Kry die resep hier.

1 Meng die maalvleis, speserye, kruie, broodkrummels en appel en geur met sout en peper na smaak. Meng net liggies – te veel meng bederf die tekstuur.

2 Verdeel die vleis in kwarte en vorm vier frikkadelle met nat hande; druk elke frikkadel plat om ’n vleiskoekie net groter as jou broodrolletjies te vorm (die vleis gaan effens krimp).

3 Verhit ’n goeie skeut olie in ’n pan en braai die vleis tot alkante goudbruin en so gaar soos jy daarvan hou. Goeie maalvleis kan mediumgaar voorgesit word; as jy dit goed gaar verkies, oorweeg dit om die vleis ’n bietjie met die deksel op te stoombraai oor lae hitte. Sit die vleiskoekies voor op die knoffelrolletjies met die gebraaide uie, ’n skep jogurt en blaarslaai. 

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees