book-icon Uitgawe November 2018

Kerriehoendersosaties met blomkool

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
  • 4 - hoenderborsfilette, elk in vier blokke gesny
  • - sowat 125ml jogurt
  • 30 ml - kerriepoeier
  • 1 - ui, geskil en in kwarte gesny
  • 60 ml - olyfolie
  • 1 - groot kop blomkool, gekap
  • 2 cm - vars gemmer, geskil en gerasper
  • 1 - rooi brandrissie, gekap
  • 5 ml - elk komyn en borrie
  • 200 g - kersietamaties, gehalveer
  • - klein bossie koljander, gekap
Metode
Maklik en geurig!

1. Meng die hoender met die jogurt, kerriepoeier en sout en peper na smaak. Breek die ui in blare en ryg dit tussen die hoenderstukke op vier nat houtstokkies.

2. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die blomkool, gemmer, brandrissie, komyn en borrie saam tot geurig. Sit die deksel op en laat stoom vir sowat 10 minute of tot die groente sag is, maar nie pap nie. Roer die kersietamaties, koljander en sout en peper na smaak by en verhit tot warm (sowat 5 minute).

3. Verhit ’n riffelpan en rooster die geurige hoendersosaties tot goudbruin en gaar, of rooster dit onder ’n voorverhitte roosterelement in die oond, en sit dit voor met die kool. 

Jongste uitgawe

Julie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees