1 Kap die hoenderborsfilette met ’n vleishamer tot ’n eweredige dikte van sowat 1,5 cm. Smeer die olyfolie oor die hoender en geur mildelik met sout en peper.
2 Verhit ’n pan tot goed warm en braai die hoender tot goudbruin alkante. Verf die Koreaanse rissiesous oor net voor die hoender gaar is en braai dit dan nog ’n minuut tot klewerig. Verwyder van die hitte en laat die hoender rus terwyl jy die slaai maak.
3 Meng die koolslaai, soetrissie, koljander, sprietuie en mayonnaise en verdeel dit tussen die onderste rolletjiehelftes. Sit ’n gebraaide stuk hoender bo-op en bedek met die boonste rolletjiehelfte. Sit voor met die tjips.