Lam-en-feta-‘sliders’ (klein burgers)

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: sowat 10 minute
Bestanddele
  • 500 g - lamswors met roosmaryn
  • 60 ml - gekapte pekanneute
  • 60 ml - rooi soetrissieblokkies
  • 100 g - feta, gekrummel
  • - ’n knippie gedroogde origanum
  • - olie vir vlakbraai
  • 8 - klein pitabrode
  • 200 g - peulertjies, gesnipper
  • - hoemoes
Metode
Ek gebruik lamsworsies wat reeds bindmiddel en kruie bevat as kortpad vir dié geurige burgers. Vervang dit gerus met lamsmaalvleis en voeg vars kruie na smaak by.

1 Verwyder die derm van die wors en meng die vleis met die neute, soetrissie, feta en origanum. Ekstra sout en peper is nie nodig nie. Vorm met nat hande in agt ewe groot frikkadelle; druk elkeen plat om ’n burger te vorm.

2 Verhit die olie in ’n dikboompan en braai die burgers tot goudbruin alkante en net-net gaar (ek hou daarvan nog so effens pienk binne). Jy kan ook die burgers oor die kole braai.

3 Rooster die pitabrode in jou broodrooster, oor die kole of in ’n droë pan. Smeer elk met ’n dik laag hoemoes, skep ’n hopie peulertjies bo-op en bedek met ’n vuurwarm burger.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees