Maalvleis-en-spinasie-braaipaai

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 35 minute
Bestanddele
  • - ’n bietjie geklitste eier
  • 3 ml - elk rooipeper en neutmuskaat
  • 300 g - sampioene, in botter gebraai
  • 1 - wiel feta, gekrummel
  • 400 g - blaardeeg
  • 15 ml - sesamsaad
  • 120 g - babaspinasie-en- krulkoolmengsel, geblansjeer
  • 250 ml - gaar maalvleis, gegeur na jou smaak
Metode
Hier is ons weergawe van die gewilde braaipaai.

1 Rol die deeg oop en sny dit middeldeur om twee vierkante te vorm. Werk op ’n groot kapplank of vel bakpapier, dan is dit makliker om die hele “pastei” later in die rooster te kry. Verf die rande met eier. Kap die spinasie en krulkool fyn, meng dit met die feta en geur met sout en die rooipeper en neutmuskaat. Pak nou ’n laag maalvleis, gevolg deur die sampioene en dan spinasie op die een deegvierkant (hou sowat 1 cm om die rand oop). Plaas die ander deegvierkant bo-oor en druk die rande aan mekaar vas.

2 Glip die pastei versigtig met behulp van die plank of bakpapier in ’n toeklaprooster. Verf die oppervlak met eier, sprinkel met sesamsaad en druk ’n paar gaatjies deur die deeg. Braai nou oor matige kole à la SuzelleDIY. Of span jou oond in: Sit die pastei op die vel bakpapier op ’n bakplaat in ’n warm oond teen 200 °C en bak vir 25–30 minute of tot die deeg goudbruin en gaar is. Sit voor met pangebraaide kersietamaties gegeur met balsemiekasyn. 

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees