Maalvleiskoekies

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 50 minute
Bestanddele
  • 4 takkies - tiemie
  • 45 ml - pikantrissies, gekap
  • 4 - mediumgroot aartappels, in blokkies gesny
  • sowat 200 ml - growwe broodkrummels
  • 600 g - maalvleis
  • 1 - groot klont botter
  • 1 - eier
  • 3 ml - elk koljander en komyn
  • 6 - repe spek
  • ½ - ui, fyngekap
Metode
Kry die resep hier.

1. Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Dreineer en druk fyn met die botter, sout en peper tot ’n growwe kapok. Hou eenkant.

2. Smeer 6 holtes van ’n reusemuffinpan met olie en voer die kant van elke holte uit met ’n reep spek. Meng die res van die bestanddele saam en verdeel dit tussen die holtes. Skep ’n lepel kapokaartappels bo-op elke vleiskoekie en smeer dit oor die oppervlak (stip met botter, dan bak die puntjies mooi bruin). Bak vir sowat 35–40 minute teen 200 °C of tot deurgaar. Sit voor met ertjies en srirachasous.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees