1. Meng die bruismeel, bakpoeier, mieliepitte, kruie en soetrissie. Voeg die eiers, water en olyfolie by en roer tot glad. Jy kan nou ’n knippie sout, rooi- of swartpeper na smaak byvoeg.
2. Spuit 8 klein emaljebekers met kleefwerende kossproei en verdeel die beslag tussen hulle. Sit die bekers in die mandjie van jou lugbraaier en bak vir sowat 15 minute by 195 °C. Laat staan vir 5 minute. Sit voor met vars slaai saam met gebraaide hoender.
Wenk Voeg gerus gaar stukkies spek by vir ekstra lyf.