Maklike souttert met ham

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 50 minute
Bestanddele
  • 125 ml - botter, gesmelt
  • 250 ml - meel
  • 60 ml - kookwater
  • - VULSEL
  • 30 ml - botter
  • 30 ml - meel
  • 500 ml - melk
  • 500 ml - gerasperde kaas
  • 200 g - ham, gekap
  • 3 - sprietuie, gekap
  • 60 ml - vars roketblare
  • 2 - ekstragroot eiers, geklits
Metode
’n Nuttige resep om in die vakansietyd byderhand te hê. Oorskiet- gerookte ham of rafelvark in plaas van die ham is ewe lekker in hierdie geurige tert.

1. Meng die botter, meel en kookwater totdat dit ’n deegbal vorm. Druk die deeg op die bodem en teen die rand van ’n pasteibak vas en sit dit in die yskas.

2. Maak die vulsel. Smelt die botter in die mikrogolfoond. Roer die meel en melk by en mikrogolf op hoog vir 3 minute. Klits ¾ van die kaas by en geur na smaak met sout en peper. Voorverhit die oond tot 180 °C.

3. Meng die ham, sprietuie, roket en eiers by die kaassous en skep in die voorbereide kors. Strooi die res van die kaas oor en bak vir 40 minute of tot gaar. Laat staan om af te koel vir 10 minute voor jy die tert sny. 

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees