1. Verhit die kondensmelk, melk, vanielje en kaneel saam tot net onder kookpunt. Klits die eiers, mielieblom en vlapoeier saam met twee eetlepels water tot glad; klits dan die warm melk in ’n dun straaltjie by tot glad.
Giet terug in die kastrol en verhit tot die mengsel verdik het (sowat 5 minute).
2. Rangskik 12 koekies onderin ’n reghoekige tertbak en skep die helfte van die vla bo-op. Smeer glad en pak die ander koekies bo-op die vlalaag.