
- - grenadellapulp
- 125 g - botter, gesmelt
- - gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 250 ml - room
- 240g (300ml) - suiker
- 105g (125ml) - strooisuiker
- - ’n paar druppels suurlemoensap
- - mentblare
- 200 g - neute (ons het pekanneute gebruik), fyngekap
- - gerasperde skil van 1 suurlemoen
- - frambose of ander ryp bessies
- - KAASKOEKVULSEL
- - MERINGUE-LAE
- 125 ml - suurlemoensap
- 70g (125ml) - meel
- 6 - eierwitte
- 6 - eiergele, geklits
- 200g (250ml) - suiker
- - SUURLEMOENSMEER
- 2 x 230g - roomkaas
- 15 ml - vars suurlemoensap
1 Voorverhit die oond tot 120°C. Klits die eierwitte en suurlemoensap vir die meringue-lae saam tot sagte punte vorm. Klits die suiker lepel vir lepel by tot goed gemeng en glansend. Vou die meel en neute versigtig by. Verdeel die mengsel tussen drie velle bakpapier en smeer rofweg in ewe groot sirkels met ’n deursnee van 23 cm elk (trek met pen gidslyne agterop die bakpapier as jy wil). Bak vir 1 uur en laat in die oond afkoel.
2 Klits die eiergele en suiker vir die suurlemoensmeer saam in ’n mikrogolf- veilige mengbak tot goed gemeng. Klits nou ook die suurlemoensap, -skil en botter by tot goed gemeng. Mikrogolf vir 1 minuutop ’n slag en klits goed na´ elke minuut tot die mengsel dik en glad is. Dit neem sowat 6–10 minute, afhangend van jou mikrogolf- oond. Skep in ’n skoon es en laat afkoel. Die mengsel kan tot twee weke lank in die yskas hou.
3 Wanneer jy reg is om die koek saam te stel, klits die room en strooisuiker vir die vulsel saam tot styf. Klits die roomkaas en suurlemoensap tot net gemeng en vou die room daarby in. As die kaas te styf is, spring in met die klitser maar probeer om nie te veel te meng nie.
4 Smeer nou ’n dik laag van die kaaskoekvulsel op elke meringue-laag, gevolg deur ’n goeie skep suurlemoensmeer. Trek ’n lepel deur die twee lae vir ’n marmer-effek. Pak die lae op mekaar en versier bo-op met mentblare, bessies en grenadellapulp (jy kan hier en daar tussen die lae ook bessies en mentblare insit as jy wil). Laat staan vir sowat 30 minute voorjy wegle^.