Murgpampoentjie-sampioen-en-basiliepasta

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 25 minute
Bestanddele
  • ’n hand vol - vars basilieblaartjies
  • sowat 30 ml - knoffelbotter
  • 200 g - murgpampoentjies, in skyfies gesny
  • sowat 15 ml - truffelgegeurde olyfolie
  • 300 g - pastastrikkies (farfalle)
  • - gerasperde skil van 1 suurlemoen, of na smaak
  • 4 - groot bruin sampioene
  • 60 ml - mascarpone
Metode
'n Luilekker alles-in-een-ete.

1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die sampioene knus langs mekaar in’n oondbak en verdeel die botter tussen die holtes. Bak vir sowat 20 minute of tot die sampioene gaar en sag is.

2 Kook die pasta in soutwater tot al dente.

3 Verhit ’n riffelpan en braai die murgpampoentjies tot mooi geskroei. Jy kan ook ’n gewone pan gebruik of die murgpampoentjies saam met die sampioene bak, maar die riffelpan gee dit ’n lieflik rokerige geur.

4 Dreineer die pasta en meng dit dadelik deur die sappe in die oondbak. Roer die murgpampoentjies en mascarpone by (die hitte van die pasta sal die kaas vinnig laat smelt). Geur na smaak met sout, peper en suurlemoenskil, en strooi die basilie oor. Rond af met die olyfolie en sit elke bord pasta voor met ’n groot sampioen daarby.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees