
- 4 - vark-schnitzels
- 600 g - vars, gemengde roerbraaigroente
- - sowat 60 ml hoisin- of teriyakisous
- 400 g - roerbraainoedels (gekook volgens die aanwysings op die pakkie)
- 30 ml - sesamsaad
1 Verhit ’n bietjie olie in ’n warm pan en braai die schnitzels tot goudbruin en bros alkant. Skep uit en hou eenkant.
2 Roerbraai nou die groente in dieselfde pan oor hoë hitte vir 3-5 minute of tot so gaar soos jy daarvan hou. Roer die hoisinsous en die noedels deur en braai vir 1-2 minute tot geurig.
3 Verdeel die roerbraaimengsel tussen bakkies of borde, sny die schnitzels in repies en skep bo-op. Strooi laaste die sesamsaad oor en geniet warm.