Pasta met spek, knoffel en parmesaan

akkreditasie
Bereidingstyd: 5 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 8 minute
Bestanddele
  • ’n knippie - droë brandrissie (opsioneel)
  • 3 - knoffelhuisies, fyngekap
  • 100 g - botter
  • 30 ml - olyfolie
  • 250 g - spekstukkies
  • 300 g - spaghetti
  • - varsgemaalde swartpeper
  • 125 ml - gerasperde parmesaan of pecorino
Metode
Sit voor met die ekstra kaas langsaan en ’n knippie droë brandrissie as jy wil.

1 Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en kook die spaghetti tot al dente (gewoonlik sowat 8 minute).

2 Braai intussen die spek in die botter en olyfolie in ’n groot pan tot lekker bros. Roer dan die knoffel by en draai die hitte af. Die knoffel moet gaar braai sonder om te brand of te verkleur, want dan word dit bitter.

3 Skep die gaar pasta nat-nat by die panmengsel en roer deur sodat die botter die spaghetti-linte bedek. Geur na smaak met swartpeper (die spek en botter is reeds sout) en die helfte van die kaas. 

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees