Polenta-panpizza

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
  • - 'n hand vol roketblare
  • 1 - sakkie (240 g) sondroë tamaties in olyfolie
  • 100 g - groen olywe, ontpit
  • 300 g - salami
  • 350 ml - gerasperde mozzarella
  • 500 ml - kitspolenta
Metode
Die sous van gemarineerde sondroë tamaties is die geheime wapen in dié geurige gereg.

Jy kan stywe pap ook gebruikas jy sukkel om polenta in die hande te kry.

1 Voer ’n middelslag-bakplaat met bakpapier uit en smeer met ’n bietjie olyfolie. Bring 500 ml water in ’n kastrol tot kookpunt en klits die polenta by met ’n ballonklitser. Gebruik nou ’n houtlepel om die polenta vir sowat 5 minute te roer terwyl dit prut tot dik. Geur met sout en peper.

2 Skep die polenta uit op die voorbereide bakplaat en smeer dit plat met die houtlepel. Jy kan ’n lepel vol van die geurige tamatie-olie uit die sakkie oor die oppervlak smeer – dit help dat die lepel nie vassit terwyl jy die polenta platdruk nie. Die polenta moet ’n dun, egalige “pizzabasis” vorm.

3 Voorverhit die oond (200 °C). Rangskik nou geskeurde sondroë tamaties, olywe, salami en kaas oor die basis. Bak vir sowat 10–15 minute of tot die kaas borrel en die pizza lekker warm is. Sny in skywe en geniet. Onthou net, die basis gaan nie bros wees soos ’n deegbasis nie en jy gaan ’n mes en vurk nodig hê.

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees