book-icon Uitgawe April 2018

Romerige hoenderpasta

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • ’n hand vol - bronkors
  • 300 g - linguine
  • 200 ml - geroomde maaskaas
  • 3 - sprietuie, gekap
  • - gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sowat 125 ml - varsgerasperde parmesaankaas
  • 250 ml - bevrore ertjies
  • 2 - gerookte hoenderborsies
Metode
Kry die resep hier.

1. Sny die hoender in klein blokkies. Kap die sprietuie en bronkors fyn en meng met die suurlemoenskil.

2. Kook die pasta volgens die aanwysing op die pakkie in soutwater tot al dente. Sodra dit amper reg is, roer die ertjies by vir nog ’n minuut. Dreineer en meng dadelik met die maaskaas. Die warm pasta sal die kaas smelt vir ’n sous.

3. Roer die hoender, sprietuie en bronkors by, geur met sout en peper en dan rojaal met die parmesaankaas. Verdeel tussen vier borde en smul dadelik.

Jongste uitgawe

Februarie | Maart 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees